|
Ontdek jou gawes - ontdek die goud van God - ontdek die gemeente van Ontdekkers, 1966 tot nou en vorentoe, Kerk van die Here in die 21ste eeu. Ontdekkers is 'n gemeente van die Here op die goudrif van die Witwatersrand, waar goud in die laat 1800's ontdek is. En net soos die goud aanvanklik wat in die stroompies uit die rif ontdek is, in die pannetjies van die goudsoekers geglinster het, so glinster Ontdekkers vandag nog. Langs die goudstroompies groei die Ontdekkers boom nog in die 21ste eeu en word gevoed deur God se water en lug. Psalm 1 vers 2 soos deur Totius berym praat van die gelowige: Hy is ‘n boom wat diep en vas geplant, Sy wortels uitsprei aan die waterkant: En mild versorg deur lentelugte, Sy volle drag laat sien van somervrugte. Geen onspoed wat hom in sy werk sal stuit: Wat hy begin voer hy voorspoedig uit
|