|
Wat is Pienkvoet-Pret? Pienkvoet Pret bied heerlike en omvattende stimulasie klasse aan wat jou kind se algehele ontwikkeling stimuleer. Die klasse word in die volgende 4 groepe ingedeel om te verseker dat ouderdom spesifieke mylpale bereik word: 3 – 6 maande 7 – 12 maande 13 – 21 maande 22 – 36 maande Wat maak Pienkvoet-Pret so spesiaal? Pienkvoet-Pret bied die afgelope 10 jaar al uitstekende Afrikaanse mamma-en-baba/kleuter ontwikkelings & stimuleringsklasse aan. Die aandag, liefde en sorg wat elke franchisee aan haar ouers en kinders bied, maak van Pienkvoet Pret ‘n baie prettige en besondere afspraak. Ons doel is nie net om kinders te stimuleer nie maar ook om ‘n spesiale tyd te skep waartydens mamma en baba al spelende nader aan mekaar groei. So leer hul mekaar dus beter leer ken en verstaan. Mammas kan nie wag vir hul weeklikse klasse waartydens hulle kan deel in die opwinding en pret van hul kinders se ontwikkeling en groei nie. Babas kry ook die geleentheid om in ‘n veilige en vriendelike omgewing met ander kinders van hul ouderdomsgroep te sosialiseer. Die klasse vorm ook ‘n uitstekende ondersteunings netwerk vir ma’s. Na elke uurlange klas geniet die mammas verversings terwyl die kinders buite aktiwiteite met hul “Pienkvoet-Pret maatjies” geniet. Wat doen ons by Pienkvoet-Pret? Mamma woon saam met baba/kleuter weekliks ‘n uur en ‘n half klas by. Elke les sluit die volgende pret aktiwiteite en oefeninge in: · Musiek en beweging · Baba massering · Sensoriese bewustheid · Perseptuele en Intellektuele aktiwiteite · Fyn en Groot motoriese aktiwiteite · Rympies & liedjies · Mors aktiwiteite · Inleiding tot boeke en die kweek van liefde vir boeke · Storie tyd & kuns aktiwiteite vir die peuters · Vryspel met ‘n verskeidenheid opvoedkundige speelgoed (Binne) · Vryspel met ‘n verskeidenheid speelgoed en apparate vir buite aktiwiteite (klim & klouter apperaat, sandput, hindernisbane ens.) · Sosiale ontwikkeling vir kinders en ‘n sterk ondersteunings netwerk vir ma's. Die eerste klas is gratis! Bring jou kosbare kleinding en kom vind vir jouself uit wat die Pienkvoet-Pret familie so spesiaal maak.
|