|
Die Blou Hond Theatre Restaurant & Art Gallery, in Linden , Johannesburg – ideal for your birthday party, corporate function or seminar, INVITES YOU TO: Koos Kombuis, Valiant Swart, Prime Circle, Karen Zoid, Coenie de Villiers, Mathys Roets, Jak de Priester, Chris Chameleon, Glaskas, Snotkop, Straatligkinders, Philip Moolman, Jakkie Louw, Jan Blohm, Bobby van Jaarsveld, Henk d'Kat, Emile Minnie, Beeskraal, Helen e Bester & Jannie Moolman. We hereby advise you to book immediately for Koos Kombuis, as his shows are usually fully booked, within 24/48 hours, after our newsletter has gone out. Besprekings is NOODSAAKLIK en ons is gewoonlik redelik vroegtydig volbespreek, veral met die gewilde kunstenaars wat deur ons hondehok jaag. Blaf vinnig om jou plekkie te bespreek. jou been teen ons oor en bespreek stertplek by Die Blou Hond! Ons manjifantastiese kuiersessies skop gewoonlik af teen 18:30 vir 19:00. Kaartjiepryse vir al die vertonings sluit 'n driegang-maaltyd in. Die Puppy het nou groot geword want ons het nou ons drank lisensie gekry. Slegs wyn kan saamgebring word, ons vra 'n skamele kurkfooi van R35 per bottel. Ons vra wel dat julle binne perke sal suip. Dis nou Die Blou Hond vir jou - proud supporters van 'Arrive Alive' :-) Die bytkaart is deesdae lekker omvattend, met keuses vir die voor- en hoofgereg, maar Susan se hand is steeds in die kospotte te sien - ons vreet TE lekker hier (kyk na Philip se burgeoning boepie as jy ons nie glo nie!)
|