|
MISSIE EN BELYDENIS ONS IS GERIG NA BO — TOT EER VAN DIE HERE GERIG NA BINNE—TOT OPBOU VAN MEKAAR GERIG NA BUITE—TOT GETUIENIS VIR DIE WêRELD Daarom is ons verbind: Om die Here met oorgawe lief te hê en te dien. Dit beteken dat: Elke lidmaat persoonlik in die regte verhouding met die Here sal lewe Lidmate ook gesamentlik die Here dien deur lof en aanbidding by eredienste en ander geestelike byeenkomste Alle gemeente-aksies gegrond is op ons liefde en diens aan die Here. Om mekaar in liefde te aanvaar en te dien. Dit beteken dat: Ons mekaar onvoorwaardelik as broers en susters in die Here sal liefhê ons daarna sal streef om mekaar se behoeftes raak te sien en te vervul ons mekaar geestelik sal versorg en opbou ons betrokke sal wees in die gemeente deur ons tyd en gawes daaraan te gee. Om uit te reik na die wêreld in nood buite Christus Dit beteken dat: ons sensitief sal wees vir al die vorme van nood in die wêreld ons as individue en as gemeente deur woord en daad Christus aan die wêreld sal bring. EREDIENSTE Oggenddiens: Om 09:00 in die kerk. By die kerkdeure word daar weekliks ‘n program uitgedeel waarop byeenkomste en ander aksies van die gemeente onder aandag gebring word. Gaan kyk gerus na Sondag se program. Tswanadiens: Elke Sondagmiddag om 14:30 by die kerk. Hierdie diens is in die besonder gerig op huiswerkers wat in ons omgewing woon en werk. Nagmaal: Ons gemeente vier normaalweg 8 keer per jaar Nagmaal. Die helfte van die geleenthede is in die aande. Kyk gerus op die almanak vir die spesifieke datums. Kinders is welkom om saam met en onder toesig van hulle ouers Nagmaal te gebruik. Doop: Daar is nie ‘n gereelde Sondag waarop die Doop bedien word nie. Doopouers meld by die leraar aan en 'n Doopdatum word dan gereël volgens omstandighede. Kleuterkerk: Hierdie aksie bied aan kleuters die geleentheid om ook Sondae ‘kerk’ toe te kom en sodoende van kleinsaf die kerk as positief te ervaar. Pappa en Mamma kan rustig die ‘groot’ kerk bywoon terwyl die kleineres op hulle eie vlak van God en sy wonderdade leer.
|