Solidariteit Helpende Hand

Visit Website Add Favorites Contact Author

Solidariteit Helpende Hand se missie is om maatskaplike hulp te verleen in gemeenskappe waar regeringshulp nie algemeen beskikbaar is nie deur middel van opheffing deur opleiding. Oortollige skenkings word in ons skenkingskantoor te Lindhaven van die hand gesit en die opbrengs word aangewend vir opleiding, beurse, skoolfondse esm. Ons is veral besorg oor voorskoolse kinders wat nie die nodige stimulasie ontvang nie en dus glad nie skoolgereed is op skoolgaande ouderdom nie.Daar word ook 'n klein opleidingsentrum beoog vir die bemagtiging van vroue deur hulle vaardighede aan te leer.

Helpende Hand is geheel en al van die publiek afhanklik aangesien ons geen finansiele ondersteuning van die regering ontvang nie. As u ons wil ondersteun dmv van 'n skenking van watter aard ookal, skakel asseblief vir Adele by 079 881 3338 of e-pos adele@helpendehand.co.za.

Ons se byvoorbaat dankie!


Address Winkel No 2, Lindhaven Winkelsentrum, Progress weg, Lindhaven, Roodepoort, 1724
Cellphone 798813338
Telephone 815433000
Category