NG Quellerina bedien 1300 lidmate aan die Wes-Rand uit veral die woongebiede Florida Glen, Quellerina, Florida-Noord, Bergbron en Northcliff x25. Ander lidmate kom van wyd oor die Wesrand en omstreke. Die kerkgebou in Langelaan 81, Florida Glen is ’n duidelike landmerk langs die N1 naby die Gordonweg-afrit
“Ons leef liefde”: dis ons leuse en doelwit, nl. om God se liefde uit te leef in woord en daad.
Sondae 9:00 kry alle ouderdomme iets spesiaal.
- Die erediens vir volwassenes het ‘n warm atmosfeer en praktiese, verstaanbare preke. Ons benut multimedia en maak ruimte vir klassieke en kontemporere musiek
- Die Jeugdiens vir gr.4-11 is kategese, cool diens en lekker musiek alles in een, in ‘n moderne jeuglokaal.
- Die Kinderkerk laat 3 jariges tot gr.3 kerk regtig geniet.
Ons maak’n verskil in ons omgewing deur verskeie hulp- en ontwikkelingsprojekte, waaronder selfs ‘extreme makeover’ van huise om aan behoeftiges nuwe selfrespek te gee.
Posbus 842, Florida Hills, 1716